Tuesday, 28 October 2025

Gedig: Dankie

In die wêreld van vandag, 
So vol gierigheid en haas,
Snel ons by mekaar verby,
Sien ons nie behoeftes raak.

Daar is min wat soos die Samaritaan
'n Oomblik sal gaan staan,
Ons is almal net te haastig,
Te selfsugtig en te besig.

Maar in al die gewoel
is daar een wat omgee, anders is,
Daarom wil ek vir jou sê:
"Dankie vir alles wat jy doen."

[Anoniem]

No comments:

Post a Comment