Thursday, 2 October 2025

Ouma se wenke: Allerlei

* Knap koekversiersppuit: As jy 'n koek wil versier en jy het nie 'n versiersuikerspuit nie, kan jy in 'n noodgeval 'n plastiese mostertspuitflessie vir die doel gebruik. Maak net die flessie deeglik skoon, sodat daar geen mosterdreuk is nie.

* Verf binne in die boks: As jy 'n kleinerige voorwerp moet spuitverf, sit die artikel binne 'n groot boks en op hierdie manier kan jy die oortollige sproei beheer.

* Marmelade is 'n uitstekende plaasvervanger as jy sonder sitrusskil sit vir 'n resep. Dis ook die perfekte glansering vir oondgebraaide varkboud of hoender.

* Moenie spaghetti breek wat nie in jou pot wil pas nie. Laat dit regop in die kookwater staan. Namate dit onder sag word, sal die spaghetti geleidelik in die pot insak.

* Plastiese lense is geneig om makliker vol stof te word - statiese elektrisiteit. Maak die bril se lense skoon deur dit met wasgoedversagmiddel af te vee.

No comments:

Post a Comment