Monday, 20 October 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Gebruik my soos U wil

Dánkie, Skepper Vader, 
vir nog 'n pragtige nuwe dag.
Dánkie dat ons in die oggend
kan ontwaak met voëlgesang.
Dánkie dat U ons beskerm het
deur die donker nag.
Dat U ons oë sag kom aanraak het,
sodat hulle weer kon oopgaan om
opnuut Ú wonderwerke te aanskou.
Dánkie vir goeie gesondheid,
oë wat sien, ore wat hoor,
dat ek kan loop en my arms
en hande kan gebruik.
Dánkie vir die vermoë om te kan
praat en sluk - daar is van ons
geliefdes wat nie meer kan nie -
wees met hulle, genees hulle
binne Ú wil Heer.
Dánkie vir medisyne wat ek
kan gebruik as ek siek is.
Dankie vir hulle hier in die aftreeoord
wat na ons omsien en vir ons lief is.
Dánkie dat U vanoggend sag
gefluister het: "Kom my kind,
Ek het werk vir jou vandag wat wag!"
Dánkie vir U Heilige Gees, wat dit
vir ons moontlik maak om U
fluistering tot ons te hoor.
Hier is ek nietige mensie, Heer,
gebruik my net soos U wil tot
U eer alleen.
Amen.

[Aangestuur]

No comments:

Post a Comment