Saturday, 4 October 2025

Saterdaglagmedisyne - Koos van der Merwe se beurt


Dankie vir al die Koos-grappe wat ingestuur is - geniet dit - dalk is daar 'n Koos ook in hierdie aftreeoord.  

* Koos sukkel om 'n werk te hou. Hy doen vir die soveelste keer aansoek. Hy gaan gee sy aansoek persoonlik by die personeelbeampte in.
Personeelbeampte vir Koos: "Ek sien jy het by jou vorige werk bedank. Wat was jou rede?"
"Siekte, Meneer," antwoord Koos.
"Wat het jy makeer?"
"Niks nie. Almal by die werk het net gesê hulle is siek vir my."

* Koos besluit om 'n plaas te koop. Op hierdie manier is hy sy eie baas. Sy vriend kom maak 'n draai op die plaas net terwyl Koos twee van sy drie windpompe afbreek.
Vriend: "Koos, hoekom breek jy twee van die windpompe af? Hulle is mos nie stukkend nie."
Koos  antwoord: "Ons het net genoeg wind vir een windpomp." 

* Koos loop 'n ou vriend raak.
Vriend belangstellend: "Wat doen jy deesdae?"
"Ek is nou in besigheid," sê Koos. "Ek koop en verkoop hamers. Ek koop 'n hamer vir R75 en dan verkoop ek dit vir R50 aan die boere."
"Ek verstaan nie hoe jy 'n besigheid op hierdie manier kan bedryf nie. Jy verloor R25 op elke hamer wat jy verkoop."
"Dis heeltemal reg, maar dit is nog baie meer winsgewend as om te boer."

No comments:

Post a Comment