Sunday, 12 October 2025

Oomblik van stilte: Sag. 3:1

Daarna het Hy my Josua die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van die Here staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae.
Toe sê die Here aan die Satan: Mag die Here jou bestraf, o Satan!

Vergelyk ook Job. 1:6-12 + 2:1-7

Satan kla die mensdom by God aan en bring net verderf op mens en dier.
Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare. Sag. 4:6 So sal die Here jou red deur sy Gees.
Die Spruit sal die tempel van die Here bou. Sag. 6:12b
Sag. 6:15 sê, En die wat ver is, sal kom en aan die tempel van die Here bou.
Luister nougeset na die stem van die Here.

Dankie, Vader, dat U deur u seun my gered het en die Satan vervloek het. U gee my u krag deur u Gees. Ek is meer as oorwinnaar deur die Spruit, Christus wat my die krag gee. Die Spruit van Dawid. Ek loof U, Spruit van Dawid, U is my krag en sterkte. U is my verlossing. Ek is deel van u tempel. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:

Post a Comment