Sunday, 19 October 2025

Oomblik van stilte: 2 Kor. 12:9

En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want My krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.

Luk. 24:49b Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte. 
Hand. 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom.
Die woord van God is nog altyd volkome gemaak in mense met swakhede. 
Is jy swak vandag, bevrees, ontmoedig of siek? Roep Jesus aan, want elkeen wat sy Naam aanroep, sal gered word. (Hand. 2:21).

O Here, ek roep u Naam vanoggend. Ek wil my swakheid bely want u genade is genoeg vir my en ek sal vanuit die hoogte met krag toebedeel word. U het u Heilige Gees aan my gegee om my te versterk en in oorwinning in die Naam van Jesus te leef. Aan U gee ek al die eer en roem in my swakheid, want U krag word nou in my volbring. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:

Post a Comment