Sunday, 26 October 2025

Oomblik van stilte: Rom. 5:1

Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;

Die verdrukking waardeur jy soms gaan, werk lydsaamheid, en die lydsaamheid beproefdheid, en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in jou hart uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan jou gegee is. (sien vers 3 en 4)
Weet dit, dat toe jy nog deur die sonde 'n vyand van God was, het God jou versoen deur die dood van sy Seun, veel meer sal jy deur sy lewe gered word, nou dat jy versoen is. (sien vers 10)

Here, ek roem nou in U deur Jesus Christus, deur wie ek nou die versoening gekry het. U het my naam in u hande gegrafeer en my sondes aan die kruishout vasgenael. U genade en die gawe van geregtigheid deur die genade van een mens, Jesus Christus het vir baie en my oorvloedig geword (sien vers 15). Amen. 

No comments:

Post a Comment