C Louis Leipoldt herinner ons elke jaar in sy gedig "Oktobermaand" dat hierdie die mooiste maand is. Die wêreld rondom ons is groen, blomme kleur die tuine bont en ons gemoed voel 'n bietjie ligter omdat die winter, die vaalheid en die koue verdwyn het.
Saterdag, 4 Oktober, was een van die mooiste Saterdae by Ons Huis. Met apologie aan Leipoldt se Oktobermaand verwerk ons dit 'n bietjie:
Lekker vrugte in die voorhuis –
Muffins op die tafels!
Bingo vir ontspanning en
Kuier-engele oral in die gange,
Alles, ai, so mooi!
Kuier-engele oral in die gange,
Alles, ai, so mooi!



No comments:
Post a Comment