Wednesday, 29 October 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: 'n Lewensles

* Voordat jy vandag iets negatief en afbrekends vir jou medemens te sê het - dink aan iemand wat stom is.
* Voordat jy vandag kla oor die slegte smaak van die kos - dink aan diegene wat niks het om te eet nie.
* Voordat jy vandag kla oor 'n geliefde wat nie dink, sê en doen soos wat jy van hulle verwag nie - dink aan iemand wat by God smeek vir vriende of 'n lewensmaat.
* Voordat jy daaraan dink om 'n vinger te wys of te oordeel - onthou dat nie een van ons sonder tekortkominge is nie. 
👉Ons moet almal verantwoording doen aan Een Skepper. 
👉Wanneer negatiewe gedagtes vandag dreig om jou depressief te laat voel - glimlag en dank God dat jy leef. 
👉Die lewe is 'n geskenk - leef voluit - geniet elke oomblik daarvan - gee baie liefde - want God het hierdie lewe aan jou geskenk!

No comments:

Post a Comment