* Oom Danie: "Jy weet, hier in my middeljare het ek 'n bietjie gesondheidsprobleme gehad. Ek gaan toe dokter toe en sê vir hom dat ek probleme het met my asemhaling. Weet jy wat hy vir my sê?
Oom Willem: "Nee!"
Oom Danie: "Goed, ons sal 'n einde daaraan moet maak!"
* Oom Danie: "Ek verander toe van dokter vir 'n tweede opinie. En net om hom te toets, sê ek vir hom dat ek soos 'n elektriese draad voel."
Dokter se antwoord: "Hoe skokkend!!"
* Oom Danie: "Ek besluit toe dat die dokter my na 'n spesialis in Bloemfontein moet verwys. En ek vra dit toe ook. Daar aangekom, besluit ek dat ek eintlik soos 'n skaap opgetree het. En ek besluit toe ook om vir die dokter te sê dat ek nou soos 'n skaap voel."
Die spesialis se antwoord: "Dis slêêêêêg!!"

No comments:
Post a Comment