Monday, 13 October 2025
Vandag se internetgebed vir jou: Dankie!
Dankie, dierbare Heer, vir nog 'n pragtige dag in ons lewe. Dankie vir gesondheid en lewenslus en die begeerte om allerhande dinge vir U te doen. Dankie vir 'n goudmyn van inligting om nader aan U te leef. Dankie vir U kosbare Lewende Woord, ons Padkaart, wat elke dag deel is van ons lewens om ons die regte pad aan te wys. Dankie vir U Heilige Gees wat gedurig met ons praat, ons leer en lei, maar ook waarsku. Dankie dat U ons nie as wesies agtergelaat het nie. Dankie vir ons kosbare familie en vriende. Dankie vir ons uitgebreide Ons Huis-familiekring wat U vir ons hier op ons laaste stop voorsien het. Elkeen van hulle is só kosbaar. Dankie dat ons kan saambid en mekaar se lief en leed kan deel. Maar belángrikste van alles dat ons U Naam kan loof en grootmaak en Vader gee dat die vlammetjie van geloof, hoop en vertroue dat elkeen hier, wat nog nie vir JESUS met hulle hele hart aanvaar het as hulle engiste VERLOSSER nie, dit betyds sal doen. Dankie vir die voorreg om te sien hoe ander JESUS-volgelinge se liggies helder gloei vir U. Help ons om styf te kan bly vashou aan U kleed se soom. In JESUS Naam. Amen.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment