* Die meeste medisyne of vitamiene moet teen kamertemperatuur en in 'n droë plek weg van direkte sonlig gebêre word.
* As jy nie jou medisyne tot dusver behoorlik gebêre het nie, moet jy jou apteker vra of die medikasie nog bruikbaar is. Party bestanddele sal nie meer doeltreffend wees nie.
* Bêre medisyne buite bereik van kinders.
* Onthou om nie jou medisyne voor klein kindertjies te drink nie, want hulle kan jou dalk na-aap.
* Pille hou gewoonlik tussen twee tot vyf jaar - maak egter doodseker en kyk na die vervaldatum. Moenie pille drink wat al verby hul vervaldatum is nie.
* Oogdruppels hou tussen een en drie maande nadat jy dit oopgemaak het. Na hierdie tyd kan dit minder doeltreffend wees.
* Moenie ou medisyne in jou vuilgoedsak sit nie. Diere of kinders kan daarop afkom en die gevolge kan katastrofes wees.
* Die beste oplossing is om dit na jou apteker te neem.
Bitter in die mond maak die hart gesond!
No comments:
Post a Comment