Potplante lyk nie net mooi nie, maar dit kan jou ook goed laat voel. Switserse navorsers het baie jare terug al gesê dat dit suurstofvlakke laat styg en dit help om skadelike chemikalieë op te neem.
Krisante is glo nuttig omdat dit besoedelende stowwe soos sigaretrook en selfs verf uit die lug kan filtreer.
Kaktusse is glo veral van waarde in die werksplek omdat dit die uitwerking van elektriese toerusting, wat hoofpyn, depressie en oogprobleme kan veroorsaak, kan help neutraliseer.
Gradeer gerus die lug in jou kantoor op!
No comments:
Post a Comment