Sunday, 5 October 2025

Oomblik van stilte: Ps. 38:16

want op U, Here; wag ek; Ú sal verhoor, Here my God!

Hoekom wag jý op die Here; verwag jy straf vir jou ongeregtigheid? Of verwag jy hulp van God?
Jesus het vir al jou ongeregtigheid betaal en jou gereinig. 
Laat jou nie ophou met leuens van die wêreld en van Satan nie.
Die Here het jou sy eiendom gemaak en sal jou nie begewe nie.
Laat jou hart gedurig juig in die Here jou Redder.

Here, U is my Verlossing van die dood. U genade dra my dag vir dag. Ek wag op U, U versterk my en lei my in geregtigheid, om u Naam ontwil. Hierdie dag sal ek weereens U goedheid ervaar en sien hoe U die antwoord op al my probleme is. Van U is my verwagting, u barmhartigheid red en genees my. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:

Post a Comment