Monday, 6 October 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Dankie ...

Dankie dierbare Hemelse Vader,
dat U weer vanoggend ons oë
oopgemaak het en vir ons bederf
het met 'n pragtige nuwe dag.
Dankie vir goeie gesondheid
en lewenslus.
Dankie vir ons kosbare familie.
Dankie vir dierbare vriende.
Beskerm ons teen dwaling en valse leer
en HEILIGE GEES, help U vir ons om
op die regte pad, GOD se PAD te bly.
VADER, gee ons KRAG sodat ons
NOOIT moeg sal word om U Blye
Boodskap van Verlossing te versprei nie.
In JESUS se PRAGTIGE NAAM.
Amen

[Anoniem]

No comments:

Post a Comment