* Skroef dit sommer oop: As jy 'n bottel wyn wil oopmaak en die kurktrekker is skoonveld, draai 'n groterige houtskroef in die kurkprop en trek met 'n knyptang uit.
* Ryg makliker: 'n Skeutjie haarsproei op die punt van 'n garedraad sal dit laat verstyf en om sodoende makliker deur 'n naald se oog te glip.
* Pappotplan: As jy hou van mieliepap, maar jy haat die gesukkel om die pot agterna skoon te kry, spuit die volgende keer eers Spray 'n Cook aan die binnekant. Die pot sal sonder sukkel skoonkom.
* Leersandale kan jy skoonmaak deur 'n inkopiesak oor elke voet te trek, en dan die sandale aan te trek en daarna kan jy na hartelus poleer.
* Blare in die wind: As jy herfsblare in die tuin bymekaar moet hark, spuit hulle eers nat. Die nat blare is makliker hanteerbaar en sal nie in die wind rondwaai nie.
* 'n Das sal ook pas: Indien jou sambreel se omhulsel weg is, glip 'n das oor die toegemaakte sambreel en sny dan die oortollige deel van die das aan die smal punt af. Stik die twee punte netjies om.
No comments:
Post a Comment