Showing posts with label Senior Burgers. Show all posts
Showing posts with label Senior Burgers. Show all posts

Wednesday, 8 October 2025

Saligsprekinge van 'n senior burger

Geseënd is diegene wat verstaan dat my gang moeilik is en dat my hande bewe.
Geseënd is hulle wat begryp dat my gehoor swak is en moeite doen om harder te praat. 
Geseënd is hy wat weet dat ek nie meer so goed kan sien, en alles dadelik begryp nie.
Geseënd is hulle wat nie brom as ek iets laat val of op die tafel omstamp nie.
Geseënd is hulle wat my toelag of 'n praatjie met my aanknoop.
Geseënd is hy wat nie sê: "Dit is nou die derde keer dat u dieselfde geskiedenis oorvertel."
Geseënd is die kalme luisteraars wat my die dae van my jeug oproep.
Geseënd is hulle wat my laat voel dat ek bemin word en my met eerbied behandel.
Geseënd is Hy wat vir my die gang na die ewige tuiste maklik maak.
Geseënd is almal wat goed vir my is en my aan die GOEIE GOD laat dink.

[Nuusbrief Vroueaksie Oos-Transvaal September 1986]  

Sunday, 29 September 2024

Gebed vir ons bejaardes


Klik op die prent om 'n duidelike beeld te kry.

[Ingestuur deur Ria Welman]

Wednesday, 21 August 2024

Happy Senior Citizen Day


On August 21st, National Senior Citizens Day recognizes the achievements of the more mature representatives of our nation. The day provides an opportunity to show our appreciation for their dedication, accomplishments, and services they give throughout their lives.

Friday, 14 June 2024

Seniors in aksie (SIA): Kuier, klets en kielie, die spiereprojek


Verbeter die lewenskwaliteit van senior burgers. Gee die swak immuunsisteem 'n hupstoot, maak die brein wakker en terselftertyd ontspanne en stel sommer 'n klomp goedvoelhormone vry. 

Hoe is dit alles moontlik?  

Kontak Somé Ferreira (Maatskaplike werker, Solidariteit Helpende Hand, Noord-Kaap-streek) gerus by 082 944 6097 vir enige verdere navrae of as jy wil deel wees van hierdie opwindende projek.

Raak op 'n volhoubare wyse by die senior burgers betrokke. Dag vir dag raak ons ouer en beweeg ons nader aan hierdie selfde situasie waarvan ons op hierdie stadium net lees.

Sunday, 11 February 2024

Wat om in geskenksakkies vir senior burgers te sit

Geskenksakkies is 'n fantastiese manier om ons waardering en liefde vir die senior burgers in ons lewens te bewys. Die ervare wyses se lewe het gekrimp tot die grootte van 'n kamer of 'n baie klein woonstelletjie. Boekrakke met geliefkoosde boeke daarin, foto's op die boonste rak, saam met 'n werkmandjie, 'n stokperdjie en 'n TV-stel is dikwels die somtotaal van 'n eens vol en bedrywige lewe.   

Met Valentynsdag om die draai, is hier 'n paar wenke vir die romantiese siele onder die lesers wat graag Valentynsdag vier. 

Geskenke raak 'n kopkrapprobleem. Of dit nou vir 'n verjaardag, Kersfees of  'n spesiale geleentheid soos Valentynsdag, Moedersdag of Vadersdag of Oupa en Ouma-dag is, die regte geskenk gaan 'n verskil maak aan die ontvanger. 

Daarom kan jy nooit verkeerd gaan deur 'n geskenksakkie te gee nie.

Maar wat moet jy in hierdie geskenksakkies sit om te verseker dat dit bedagsaam en betekenisvol is? 

1. Toiletware (dit is altyd nodig)

2. Geestelike kos (dagstukkies, Christelike tydskrifte, Bybelstudieboeke)

3. Versnapperings (soet en sout)

4. Breinoefeninge (legkaarte, blokkiesraaisels, boeke)

5. Praktiese hulpmiddels (vergrootglas, kierie, loopraam, reëlings teen die muur, batterye)

6. Blomme en potplante (ietsie visueel mooi)







Valentynsdag is die ideale dag vir anonieme geskenke. Laat sommer 'n geskenkie by die kantoor vir die inwoner wat geen familie meer het nie of vir die inwoner of personeellid wat op Valentynsdag verjaar.

Sunday, 24 December 2023

Wat is ‘n senior burger?

‘n Senior burger is iemand wat hier was voor die pil, voor vrieskos, televisie, kredietkaarte en bolpuntpenne.
Hardeware was hamers, spykers, boute en moere.
En sagteware was nog nie eens ‘n woord nie.
Senior burgers was hier voor droogdrup, skottelgoedwassers, pizzas en kitskoffie.
Toe senior burgers jonk was, het hulle getrou en dan saamgebly.
Sigarette was ‘n teken van klas, boom was ‘n verfraaiing vir die tuin, dop was ‘n ding óm ‘n eier en ‘n agtermekaar kêrel het mens graag verwelkom by jou dogter.
Senior burgers is nogal taamlik geharde mense - veral as mens dink hoeveel hulle moes aanpas by vandag se tye.

[Dankie, Anoniem, wat op Vrydag se versoek gereageer het.]

Friday, 22 December 2023

Definisie van ‘n senior burger

‘n Wyse ou inwoner van 'n verpleeginrigting het die volgende definisies oor senior burgers gegee.

‘n Senior burger is iemand wat nog groei, wat nog leer, met potensiaal, en wie se lewe belofte inhou vir skakeling met die toekoms.

So ‘n persoon jaag nog steeds geluk, vreugde en plesier na, want dis tog mos almal se geboortereg.

Gewoonlik is ‘n senior burger iemand wat respek en eer verdien, wat die wyshede van ‘n lang lewenservaring opbou in ‘n erfenis vir die toekomstige geslagte.

[Stuur gerus jou definisie van 'n senior burger in.]

Saturday, 9 December 2023

Inwonernuus: Nico du Toit - 'n jong aktiewe senior burger

Jacolette van Tonder het by geleentheid as gasspreker by 'n aftreeoord in Heidelberg opgetree en het onder andere die volgende gesê: "Ons almal hou daarvan om te ontvang, maar wanneer dit by gee kom is almal van ons skuldig daaraan om nie te wil gee nie.”

“Ons het almal liefde, tyd, ondervinding, raad, wysheid, empatie, bystand, glimlag en omgee wat ons aan ons medemens kan gee.”

Al bogenoemde kos niks, nietemin sit ons eerder in die kamers van 'n aftreeoord en bejammer onsself. Gaan uit en helder iemand se dag op wat dit nodig het. Omgee, empatie en liefde is mos deel van menswees. 
 
Een van Ons Huis se inwoners wat sy dae aktief deurbring, is Nico du Toit. Synde dat hy in sy eie woonstel bly, is kosmaak en aan die kant maak, deel van sy daaglikse bestaan, maar dit is ook hier waar die roetinedeel van sy lewe ophou. Nico is gebore in Dewetsdorp en matrikuleer te Paul Erasmus in Senekal. Hierdie inwoner wat die afgelope jaar Ons Huis sy tuiste noem, voel 18 jaar oud en dit is met hierdie positiewe uitkyk wat hy die lewe aanpak.
Sy oupa was 13 jaar oud, toe hy in Magersfontein tydens die Anglo-Boereoorlog teen die Engelse geveg het. Hierdie besondere verhaal is Nico besig om te boekstaaf, sodat die feite vir die nageslag behoue kan bly. Elke oggend na ontbyt klim hy in sy kar en doen hy die rondte van Vader Cloete en elke aand gesels hy en 18 vriende op sosiale media en ruil hulle die dag se nuusgebeure uit.   

Nico se pad was nie net maanskyn en rose nie en op 23-jarige ouderdom hoor hy dat sy been geamputeer moet word, maar deur groot genade staan hy vandag nog op sy twee bene. 'n Beroerte het hom nie verbygegaan nie, maar ook daar is hy geseënd.

Voor aandete sit hy op die stoep en kuier saam met die inwoners. Met 'n vonkel in die oog, 'n skerp brein en 'n heerlike humorsin, korswel en gesels hulle die wagtyd korter. As die inwoners se skredes eetsaal toe gaan, verdwyn hy met flinke treë in die rigting van sy  woonstel om ook sy innerlike te versterk.

Saturday, 16 September 2023

Thursday, 7 September 2023

Uitnodiging: Die meer volwasse gemeentelede van 60 jaar en ouer

'n Spesiale lekker lente-bederfoggend vir al die gemeentelede wat in die lente van hulle lewe is. Kom kuier oor 'n koppie koffie of tee, kom gesels oor die ou dae, diep staaltjies en stories van weleer op en kom giggel oor die guitighede van die jongere geslag.

Sien jou daar - onthou net om vroegtydig te bespreek. 

PLEK: Dutoitspan Kerksaal
DATUM: 16 September 2023
TYD: 10:00
BESPREKING: Voor 11 September 2023
REDE: Dis heerlike lente, die winter is verby ...

Monday, 4 September 2023

Vandag se internetgebed vir jou: GEBED VAN ‘n OUMENS

Ek verknies my nie oor my gryse hare
Al dra ek dit vir nog baie jare
Ek kla nie oor my dowe oor
Solank ek God se stem in my hart kan hoor

Ek mor nie oor my stadige treë
Solank ek vir God my beste kan gee
Ek verknies my nie oor kwynende lewenskrag
Want God hou oor my hele lewe die wag

Al wat ek vra, genadige Heer,
Ja, ek bid dit keer op keer
Dat ek enduit op die baan sal bly
Totdat die doodsklok vir die laaste rondte lui.

Monday, 21 August 2023

Happy Senior Citizen Day

On August 21st, National Senior Citizens Day recognizes the achievements of the more mature representatives of our nation. The day provides an opportunity to show our appreciation for their dedication, accomplishments, and services they give throughout their lives.

Thursday, 22 June 2023

The art of dealing ...

A retired old couple returned to a Mercedes dealership where the salesman promised to hold a car for them.

But they found the car was just sold to a beautiful, leggy, busty blonde in a mini skirt & a halter top.

The old man was visibly upset. He spoke to the salesman sharply: "Young man, u said u hold that car till we raised the $95,000 asking price, yet u closed the deal for $75,000 to the young lady there. And if I remember correctly, u had insisted there was no discount for this model!"

The salesman took a deep breath, cleared his throat & reached for a large glass of water.

"Well, what can I tell u? She had the cash ready, didn't need any financing help, and, Sir, just look at her, how could I resist?" replied the grinning salesman sheepishly.

Just then the young woman walked over to the senior couple & gave the car keys to the old man.

"There u go," she said. "I told u I could get him to lower the price. See u later, Dad, happy Father's Day."

Once again ... Don't mess with seniors.

[Thank you, Johann.]

Sunday, 9 April 2023

Inligting: Verstaan demensie beter

Tuisversorging van mense met demensie en selfs Alzheimer-demensie is aan ’t toeneem, volgens die skrywer van ’n nuwe boek oor oudword. 

“Die versorger neem gedurig saam met die geliefde afskeid van vaardighede, omstandighede en drome wat nie meer verwesenlik kan word nie,” skryf dr Petrus Moolman in sy boek Lééf!.

Om demensie beter te verstaan, luister gerig na 'n baie interessante en verykende gesprek met Dr. Petrus Moolman, wat self hierdie pad saam met sy vrou gestap het.

Klik HIER om na die interessante YouTube-gesprek te luister.

Tuesday, 7 March 2023

Dinsdag-denke: Die koei en sy gewete


In Noord-Korea, het Chung Ju Yung (toe 17 jaar oud) een van sy pa se koeie verkoop, die geld gesteel en na Suid-Korea gevlug.

Hy het 'n besigheid begin, naamlik HYUNDAI, Suid-Korea se grootste konglomeraat, met meer as 50 maatskappye, wat alles van karre en rekenaarskyfies tot skepe en staal vervaardig het.

Chung het gesê dat hy in Suid-Korea "sy hele lewe geleef het met die opregtheid en ywer van 'n koei". Die koei wat hy van sy pa gesteel het, het egter altyd op sy gewete gelê. Alhoewel sy pa gesterf het, het hy steeds bly wonder hoe hy kan opmaak vir die stelery.

Noord-Korea het op daardie stadium 'n verskriklike hongersnood ervaar, maar 'n wrede Kommunistiese regering is in beheer. Die grens tussen Suid- en Noord-Korea is die strengste ter wêreld bewaak, met byna twee miljoen troepe aan beide kante.
Selfs die vorige predsident van die VSA, Jimmy Carter, moes Noord-Korea via Beijing binnegaan toe hy gereis het om die gewese president van Noord-Korea te ontmoet.

Chung Ju Yung, 82, die stigter van die reuse Hyundai-groep, was die eerste Suid-Koreaanse burger wat toegelaat is om die grens na Noord-Korea oor te steek, met geen regeringsamptenare wat hom vergesel het nie. Suid-Korea se rykste man is toegelaat om 500 beeste op vragmotors in Noord-Korea in te neem om die verhongerde mense te help.

"Ek keer nou terug om die skuld te vergoed wat ek my pa aangedoen het," het hy gesê. "Ek hoop hierdie besoek sal 'n hoeksteen van vrede en versoening tussen ons twee strydende Koreaanse nasies lê."

[Japansending: Januarie/Februarie 2012]

Tuesday, 28 February 2023

Dinsdag-denke: Dankbaarheid

Daar is die storie oor die skoenfabriek wat twee bemarkingsagente na ʼn sekere gebied in Afrika gestuur het om besigheidsmoontlikhede daar te gaan ondersoek. Nadat hulle bietjie rondgekyk het, het een van hulle ewe mismoedig ʼn boodskap na die fabriek teruggestuur: “Situasie hopeloos. Niemand dra skoene nie”. Die ander een was weer baie opgewonde oor wat hy alles waargeneem het en sy boodskap het so gelui: “Wonderlike besigheidsgeleentheid. Niemand het skoene nie”.

Daar is nog ‘n wonderlike storie uit Amerika: ’n Indiaanse hoofman was besig om vir sy stamlede te vertel van twee honde in sy binneste: die een is ’n wit hond wat goed en dapper is en die ander een ’n swart hond wat wraaksugtig en kwaad is. Beide honde is besig om tot die dood toe met mekaar te veg. ’n Jong vegter van die stam wat nie vir die einde van die storie kon wag nie, vra: watter een gaan wen? Die hoofman antwoord: “Die een wat ek kos gee.”

[Lees die res HIER]

Tuesday, 14 February 2023

Dinsdag-denke: Seniors moet sinvol bly lewe

Op 76 is dr. Petrus Moolman besig om te leer om die tjello te speel. Die lewe moet ’n lied bly. Maar hy glo ook dat die kerk baie kan doen om ouer lidmate te help om tot die einde sinvol te bly leef. NEELS JACKSON het met hom gesels.

Musiek, het dr. Petrus Mooman gelees, help om die brein te ontwikkel. En as ’n mens vroeër ’n instrument bespeel het, is dit beter om nou ’n tweede instument by te leer. Daarom leer hy nou tjello speel.

In sy jong dae het hy viool gespeel, maar die blad­lees is anders met die tjello. Dis vir hom ’n lekker uitdaging. Boonop het die gemeente se orrelis gesê hy moet mik daarna om by vanjaar se Kerssangdiens “Stille Nag” te speel. Sulke uitdagings help om die verstand jonk te hou. Dit help om die lewe sinvol te maak. Daardeur word die lewe ’n lied.

Tot onlangs toe was dit ds. Petrus Moolman, maar op 4 Mei het die Noordwes-Universiteit ’n doktorsgraad aan hom toegeken. Dit span die kroon op die navorsing wat hy die afgelope paar jaar gedoen het oor ’n omvattende seniorvolwassenebedie­ning. Ook dié navorsing en die bediening waaroor dit gaan, maak sy lewe op pad na 80 toe sinvol.

[Lees die res van die berig HIER - Kerkbode 15 Mei 2018]

Klik HIER om na die erediens te luister

Friday, 23 December 2022

Gebed vir elke inwoner ...

Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
My lewe het eenmaal waarde en sin gehad.
Ek het gewerk, gelei, invloed uitgeoefen.
Wat ek gedoen het, skuif weg, al hoe verder weg.
Ek bid U, bewaar my van bitterheid,
Van die drang om my kennis en my kranigheid te bewys,
Van die gevaar om te sê dit was alles reg.
Ek wil leer om te laat los.
Ek wil my op niks anders as u goedheid verlaat nie.
Laat U my nie los nie!
Amen.

Jörg Zink (’n Keur van wysheid - Nina Smit, 2004)

Friday, 1 July 2022

Die veranderde behoefte van die senior persoon ...

Die lewe soos ons dit vandag ken, verskil ingrypend van die lewe in die middel van die vorige eeu toe die meeste van die ouetehuise tot stand gekom het. En as vandag se jongmense inwoners van Ons Huis word, is wat vandag as luukses beskou word, 'n absolute noodsaaklikheid ... of erger nog, reeds verouderd.

Die leefwêreld en die behoeftes van die senior persoon verskil vandag drasties van 50 jaar terug.

'n Paar van die belangrikste verskille is:

* Die senior persoon word heelwat ouer.

* Selfone het die ou munthokkie vervang.

* Elke senior persoon het sy/haar eie TV in die kamer.

* Internettoegang (WiFi), e-posgeriewe en rekenaars is 'n noodsaaklikheid. (Veral as daar met die kinders oorsee geskype moet word.)

* Senior persone is nog werksaam op 'n hoë ouderdom, nie noodwendig voltyds nie, maar wel deeltyds (en wil graag in 'n oord bly, maar met meer buigbare reëls.)

* Mense behoort aan verenigings, groepe en klubs. Hulle toer ook graag.

Dus is dit baie belangrik vir 'n aftree-oord/ouetehuis om voortdurend by die nuwe uitdagings aan te pas.

Positiewe bydraes van die inwoners is altyd welkom.

Thursday, 18 February 2021

Lewenslesse van 100-jariges

Klik HIER en hoor wat senior burgers sê.
Lewenslesse wat hulle graag wil deel.