Sunday 11 February 2024

Wat om in geskenksakkies vir senior burgers te sit

Geskenksakkies is 'n fantastiese manier om ons waardering en liefde vir die senior burgers in ons lewens te bewys. Die ervare wyses se lewe het gekrimp tot die grootte van 'n kamer of 'n baie klein woonstelletjie. Boekrakke met geliefkoosde boeke daarin, foto's op die boonste rak, saam met 'n werkmandjie, 'n stokperdjie en 'n TV-stel is dikwels die somtotaal van 'n eens vol en bedrywige lewe.   

Met Valentynsdag om die draai, is hier 'n paar wenke vir die romantiese siele onder die lesers wat graag Valentynsdag vier. 

Geskenke raak 'n kopkrapprobleem. Of dit nou vir 'n verjaardag, Kersfees of  'n spesiale geleentheid soos Valentynsdag, Moedersdag of Vadersdag of Oupa en Ouma-dag is, die regte geskenk gaan 'n verskil maak aan die ontvanger. 

Daarom kan jy nooit verkeerd gaan deur 'n geskenksakkie te gee nie.

Maar wat moet jy in hierdie geskenksakkies sit om te verseker dat dit bedagsaam en betekenisvol is? 

1. Toiletware (dit is altyd nodig)

2. Geestelike kos (dagstukkies, Christelike tydskrifte, Bybelstudieboeke)

3. Versnapperings (soet en sout)

4. Breinoefeninge (legkaarte, blokkiesraaisels, boeke)

5. Praktiese hulpmiddels (vergrootglas, kierie, loopraam, reëlings teen die muur, batterye)

6. Blomme en potplante (ietsie visueel mooi)







Valentynsdag is die ideale dag vir anonieme geskenke. Laat sommer 'n geskenkie by die kantoor vir die inwoner wat geen familie meer het nie of vir die inwoner of personeellid wat op Valentynsdag verjaar.

No comments:

Post a Comment