Friday 9 February 2024

Gesondheid: Drink gereeld water!

'n Vriendelik herinnering wat nie genoeg beklemtoon kan word nie.

Die winter lê voor en 'n mens wil nie moeg en siek voel as 'n mens skuldig is aan te min waterinname nie.
 
Inwoners van o.a. aftreeoorde, ouetehuise en ander sentrums moet meer aandag skenk aan die drink van voldoende water. Talle inwoners sukkel met herhaalde blaasinfeksies wat onder meer aan onvoldoende water inname te wyte is.

Van die simptome van te min water drink, sluit die volgende in: 
Dikwels moeg, lighoofdig en geïrriteerdheid. Ontwatering lei ook tot gereelde hoofpyn, droë vel en hardlywigheid.
(Hoeveel van hierdie simptome is daagliks deel van jou lewe? Verhoog die waterinname vlg. wat dokter of suster aanbeveel en raak ontslae van sommige van hierdie lastige simptome. Die temperature van hierdie somer is besonder hoog. Neem verantwoordelikheid vir jou eie waterinname.)

Die mens se liggaam bestaan uit sowat 60% water. Ons verloor vog deur die dag deur sweet, urine en selfs asemhaling. Dis uiters belangrik om hierdie verlies aan te vul. As die liggaam nie genoeg water het om sekere funksies te onderhou nie, stuur dit boodskappe in die vorm van dors, hoofpyn en moegheid aan die persoon. Leer om hierdie boodskappe raak te sien en reg te interpreteer.

Water speel ook ’n belangrike rol om die mens op ’n warm dag af te koel. Dit help met brein werking, dra suurstof deur die liggaam en help om van afvalprodukte ontslae te raak. Ontwatering oor ’n lang periode kan lei tot nierversaking, hittesteek, skade aan die senustelsel, hartversaking en ’n verswakte immuunstelsel. 

Ander voordele van die drink voldoende drink van water sluit in: Smering van gewrigte, steun aan spysvertering, voorkoming van nierskade, regulering van liggaamstemperatuur, die vel sag en strelend hou, om jou brein ’n hupstoot te gee en dis wetenskaplik bewys dat dit help met gewigsverlies.

Hoeveel water behoort ek per dag te drink? Dit is die vraag wat almal gewoonlik vra. Die riglyn is een glas (250 ml) vir elke 10 kg wat jy weeg. As jy sukkel om te onthou om water te drink, vul ’n houer met jou daaglikse kwota en sit dit op ’n plek wat jy nie kán miskyk nie. Stel jou selfoon om jou te herinner dis nou ‘drinktyd’ (water asb!). 

Dis ’n goeie gewoonte om voor of na elke maaltyd ten minste twee glase water te drink. Dis belangrik om elke oggend met opstaan water te drink. Onthou jou liggaam het vir 8 ure geen vog ingeneem nie.

Bron: Huisgenoot 20 Julie 2020 – Ingestuur deur Elsa v Zyl-Smit – Selrose

[Dankie, Anoniem, wat hierdie gesondheidswenke met die lesers deel.]

No comments:

Post a Comment