Sunday 11 February 2024

Ek is ...

EK is vir jou 'n put, bodemloos met geduld
EK is vir jou 'n spruit, bruisend met hoop
EK is vir jou 'n rivier, vloeiend met genade
EK is vir jou 'n oseaan, groot met liefde

EK is vir jou die wind, strelend oor jou siel
EK is vir jou die son, warm in jou hart
EK is vir jou die reën, sag op jou gees
EK is vir jou die maan, hangend oor jou lewe

Wees jy vir My 'n kind van geloof 
Wees jy vir My 'n arm van vrede 
Wees jy vir My 'n woord van vergifnis
Wees jy vir My 'n hand van gebed

Wees jy vir My 'n aanbidder,
EK is vir jou 'n GOD
Wees jy vir My 'n navolger,
EK is vir jou Herder
Wees jy vir My 'n leerder,
EK is vir jou 'n Meester
Wees jy vir My 'n dienskneg,
EK is vir jou Heer

[Dankie, Marguerite, vir hierdie treffende stukkie versekering wat jy met die lesers deel.]

No comments:

Post a Comment