Showing posts with label Laerskool Eureka. Show all posts
Showing posts with label Laerskool Eureka. Show all posts

Friday, 29 December 2023

Sunday, 17 September 2023

Wolf: "Fluit-fluit my storie is nog nie uit nie."

 
Wie: Eureka se grondslagfase
Wanneer: 26-28 September - 18:30
Koste: Volwassenes: R50.00 en kinders R30.00
Kontak die skool vir kaartjies: 087 310 5310

DAAR IS SLEGS 'N BEPERKTE AANTAL KAARTJIES BESKIKBAAR

Wednesday, 13 September 2023

Laaste kans vir die mandjiedans


Mandjiedans se verkope sluit môre

Kaartjieverkope vir die mandjiedans sluit môre, 14 September om 12:00. Daar moet 'n opname gemaak word van die getalle wat die dans gaan bywoon. Moenie hierdie eenmalige geleentheid deur jou vingers laat glip nie. 'n Gesellige atmosfeer en goeie musiek gewaarborg.

Sien jou daar!

Tuesday, 12 September 2023

Aan al die oupas en oumas ...

'n Heerlike mandjiedans vir oud en jonk. Kom geniet 'n aandjie by Eureka Laerskool ... daar is goeie geselskap, 'n heerlike atmosfeer en op die koop toe gaan die baie bekende DJ Ertjies musiek in elkeen se smaak speel.

Onthou die datum:
15 September om 18:30!

Sien jou daar!! 

Saturday, 22 June 2019

Warm wintervakansiewense!

Ons Huis se inwoners geniet julle groot geskenke elke dag - vir ons voel dit soos vakansie. Ons hoop dat elkeen van julle by Laerskool Eureka 'n heerlike warm wintervakansie het. Julle is meer as welkom om vir ons te kom kuier! Nog foto's hier.

Friday, 14 June 2019

n Groot-uit-die-hart-dankie vir omgeeharte

Laerskool Eureka se leerders bring 'n blombesoek aan Ons Huis. Nie net het hulle die inwoners met heerlike eetgoed bederf nie, maar Kersfees het inderdaad vroeg gekom. Hulle het 'n plat skerm TV-stel, 'n DVD-speler, linne en 'n elektroniese Bybel geskenk. Dankie dat julle ons inwoners na waarde skat. Julle moet die vakansie geniet en onthou: Julle is altyd welkom by Ons Huis!! Nog foto's hier.



Tuesday, 26 June 2018

Dankie, Eureka Laerskool!!

'n Heerlike bederf het sommer ons winter verwarm toe leerders van Eureka Laerskool Ons Huis besoek en aan die inwoners snoesige kombersies gee om Kimberley se koue aande die hoof te bied. Dankie vir hierdie mooi gebaar, die vriendelikheid en die samesyn.

Kuiers hier by Ons Huis word hoog op prys gestel. Ons deur staan altyd oop vir 'n kuiertjie. Gaan loer gerus hier vir nog foto's.

[Foto's verkry vanaf die ACVV FB]