Tuesday 26 June 2018

Dankie, Eureka Laerskool!!

'n Heerlike bederf het sommer ons winter verwarm toe leerders van Eureka Laerskool Ons Huis besoek en aan die inwoners snoesige kombersies gee om Kimberley se koue aande die hoof te bied. Dankie vir hierdie mooi gebaar, die vriendelikheid en die samesyn.

Kuiers hier by Ons Huis word hoog op prys gestel. Ons deur staan altyd oop vir 'n kuiertjie. Gaan loer gerus hier vir nog foto's.

[Foto's verkry vanaf die ACVV FB]



No comments:

Post a Comment