Friday 29 June 2018

Lepelvetkoek

Bestanddele

1½ k koekmeelblom
2 t   bakpoeier
¼ t  neut
¼ t  kaneel
½ t  sout
½ k suiker
½ k melk
1e  olie
1 eier
Olie vir diepbraai

Metode

Verhit die olie vir diepbraai. 
Sif al die droë bestanddele saam. 
Klits die melk, olie en eier saam. 
Voeg die droë bestanddele by die melkmengsel en meng deeglik. 
Drup lepels vol van die deegmengsel in die olie. 
Braai lepelvetkoek vir ongeveer 3 tot 5 minute of tot goudbruin. 
Dreineer die lepelvetkoek op papierhanddoek.

Variasie
Gooi kaneelsuiker oor die lepelvetkoekies vir 'n ander smaak.

[Dankie vir hierdie resep wat ons van een van ons getroue lesers gekry het! Ek is seker mense gaan dit geniet.]

No comments:

Post a Comment