Saturday 16 June 2018

Jeugdag 2018

DIE meeste volwassenes en ouer garde onder ons, dink aan hulle jeug as ’n wonderlike tyd in hulle lewe.

Hulle onthou hoeveel energie, planne en geesdrif hulle gehad het. Hulle het aangename herinneringe van ’n tyd toe hulle baie minder verantwoordelikhede gehad het. Dit was ’n tyd toe hulle lekker kon speel en die bekommernisse hulle ouers s'n was. Daar het vir hulle ’n hele lewe vol geleenthede gelê en wag.

Jou jeug is 'n tyd waarin keuses gemaak moet word. Van die keuses wat 'n mens maak, beïnvloed jou die res van jou lewe. Slim en wyse besluite dra by tot die sukses van jou lewe, maar dan is daar ongelukkig ook die verkeerde besluite, wat jou hele lewe kan bederf.

Daarom is die raad van die inwoners van Ons Huis op Jeugdag aan die jeug: Wend 'n doelbewuste poging aan om die regte besluit te neem, wanneer dit by besluitneming kom. Benut geleenthede wat jou pad kruis, oordeelkundig. Gee doelbewus aandag aan die raad van jou ouers en onderwysers. Hulle het al die pad gestap!   

Laastens, geniet jou jeug, dit gaan só gou verby.

No comments:

Post a Comment