Musiek, het dr. Petrus Mooman gelees, help om die brein te ontwikkel. En as ’n mens vroeër ’n instrument bespeel het, is dit beter om nou ’n tweede instument by te leer. Daarom leer hy nou tjello speel.
In sy jong dae het hy viool gespeel, maar die bladlees is anders met die tjello. Dis vir hom ’n lekker uitdaging. Boonop het die gemeente se orrelis gesê hy moet mik daarna om by vanjaar se Kerssangdiens “Stille Nag” te speel. Sulke uitdagings help om die verstand jonk te hou. Dit help om die lewe sinvol te maak. Daardeur word die lewe ’n lied.
Tot onlangs toe was dit ds. Petrus Moolman, maar op 4 Mei het die Noordwes-Universiteit ’n doktorsgraad aan hom toegeken. Dit span die kroon op die navorsing wat hy die afgelope paar jaar gedoen het oor ’n omvattende seniorvolwassenebediening. Ook dié navorsing en die bediening waaroor dit gaan, maak sy lewe op pad na 80 toe sinvol.
[Lees die res van die berig HIER - Kerkbode 15 Mei 2018]
Klik HIER om na die erediens te luister
No comments:
Post a Comment