Ek het jou niksvermoedend opgetel, om van nader te beskou
Min het ek die WAARDE daarvan besef ...
Iets wat ek ALTYD in my HART wil hou ...
Vir ALLES wat jy vir my beteken, is die klein woord:
DANKIE eintlik te nietig ...
Jou skulpie is met 'n doel op my strand ...
God het geweet dat ek jou nodig het ...
Dankie vir jou teenwoordigheid, in my lewe ...
Terwyl ons in Desembermaand is, en die jaar einde se kant toe staan ...
besef ek dis tyd om dankie te sê vir iemand so spesiaal soos JY.
JY wat deur elke maand van hierdie jaar ‘n verskil gemaak het in my lewe met jou boodskappe, liefde en omgee!
[Dankie, Nerine, wat ons daaraan herinner om vir die mense langs ons lewenspad dankie te sê vir wat hulle vir ons beteken het. Dankie vir elke ouma en oupa en personeellid se bydrae hierdie jaar in die ouetehuise en aftreeoorde. Dankie vir ons donateurs en ons kuiergaste. Ons Huis wil spesiaal DANKIE SÊ vir ons 2024-engele wat een maal 'n maand ons Saterdag kom inkleur het met joviale kuiers, vrolikheid en baie lag. Julle is ons skulpies.]
No comments:
Post a Comment