Tuesday, 3 December 2024

Non kry verjaardagkaartjie 68 jaar nadat dit gestuur is

 

DUBLIN - 'n Rooms-Katolieke non van 87 jaar het verlede week soos 'n tiener gevoel toe 'n verjaardagkaartjie 68 jaar te laat aan haar afgelewer is.

Haar vriendin, Eileen Lovely, het die kaart in 1929 aan suster Cecilia van Crosshaven in die graafskap Cork gestuur. Die kaart het egter op een of ander manier onder die houtvloer van die plaaslike poskantoor beland, en is eers ontdek  toe werkers die gebou gesloop het.

Suster Cecilia sê die kaartjie het baie herinneringe aan haar teruggebring.Eileen Lovely, die meisie wat die kaartjie gestuur het, is drie jaar gelede oorlede. - Sapa-AP

['n Verrassing soos hierdie is 'n baie groter verrassing, aangesien 'n mens dit glad nie verwag nie. Is dit goeie diens of nie?] 

No comments:

Post a Comment