Die Here sê vandag vir jou dat die belofte wat Hy aan Abraham gedoen het, is ook vir jou.
Jy is nou gered en deur jou geloof geseën, deur die belofte dat al die nasies in Abraham geseën sal wees.
God se wil was nog altyd, om alle mense te seën en die saad van Abraham het vir jou verlossing en seën gebring.
Jesus is uit die geslag van Abraham, Isak en Jakob. Hy het aan die kruishout almal losgekoop en soos sy belofte aan Abraham, is jy deel van die belofte aan Abraham.
Dankie Here, U het reeds 'n paar duisend jare terug met u woord vir my verlossing gebring. U kan nie lieg soos 'n mens nie. U, is waarlik getrou aan u woord. Al het die mens U nooit gesoek nie, het U my tot God in u lig gebring. Ek is nou eenmaal die geseënde van die Here. Ek is dankbaar en bring al die eer aan U. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
No comments:
Post a Comment