Thursday 20 August 2020

Die Psalm-reeks ...

Ons is byna aan die einde van die Psalm-reeks!

Ja, die eerlike worsteling met die swaar en seer van die lewe word so intiem gedeel dat dit ‘n mens ‘intrek’ in die trauma van die Psalmis, want ons kan ook assosieer met dieselfde stryd in ons binneste.

Maar elke Psalm het ook ‘n ligstraaltjie!

Hier na die einde ervaar ons die hoogtepunt van die Psalms: lof, eer, dank, aanbidding, vrede en vreugde in God.

Die aangrypende: Die Almagtige Sterke ‘Gentle Giant’-God, buig neer om die fynste kleinste brose mens in sy krisis te help.

Mag die Psalms ‘n nuwe lied in jou hart opwek.


No comments:

Post a Comment