Vandag drink ons 'n koppie tee saam met Magriet Koch. En so tussen die teedrinkery word nuus en staaltjies met mekaar gedeel.
In haar ligblou bloes straal Magriet kalmte, warmte en vrede uit. Sy is gebore op Williston, 'n rustige en tipiese Karoodorpie in die Namakwa-distrik van die Noord-Kaap. Williston, is soos die res van die Noord-Kaapse dorpies, bekend vir sy gasvrye mense. (Volgende keer as RSG en Virseker weer 'n kultuurkaravaanroete beplan, kan hulle gerus by Williston met sy unieke argitektuur 'n draai maak.)
Vir agt jaar het sy in Kimberley gebly voordat sy haar skredes twee jaar terug na Ons Huis gewend het.
Sy weet verseker dat die Here elke dag haar lewe rig en haar vul met Sy vrede wat alle verstand te bowe gaan.

No comments:
Post a Comment