Saturday, 24 October 2026

Saterdaglagmedisyne - Mike en Gawie

* Die polisie stop vir Mike met 'n kombi vol pikkewyne.
"En waar dink jy gaan jy met hierdie pikkewyne?" wil die konstabel weet.
"Hierdie pikkewyne is almal my vriende," antwoord Mike. "ons ry maar net 'n bietjie rond."
"Nee, nee, dit mag nie," sê die konstabel, en beveel Mike om die pikkewyne dadelik dieretuin toe te vat.
Die volgende dag stop dieselfde konstabel vir Mike op dieselfde plek, weer met die kombi vol pikkewyne. Hierdie keer het die pikkewyne egter almal sonbrille op.
"Ek dog ek het jou gister gesê om die pikkewyne dieretuin toe te vat?" vra die konstabel kwaad.
"Maar ek het," antwoord Mike.
"En vandag gaan ons strand toe."

* Gawie hakkel vreeslik en sukkel om werk te kry. Hy beland einde laaste by die Bybelgenootskap, maar kry weer slegte nuus. Die omie sê vir hom dat hulle hoofinkomste uit huis tot huis Bybelverkope bestaan. Omie kry hom jammer en gee hom 'n job, met die gedagte dat hy seker na 'n dag of twee self tou gaan opgooi. Einde van week 2 en almal se verkope word gecheck vir hulle kommissie. Gemiddelde per persoon wissel tussen 17 en 23. Kom by Gawie en syne is 267! 
Omie:" Onmoontlik! Hoe de blikkies het jy dit reggekry?" 
Gawie:" Mmmmmmaklik, oom. Ek vvvvvra nnnnnnnnet. Wwwwwwil jy n Bbbbbbybel kkkkkkoop of mmmmmoet ek dit vvvvvir jou llllllllllllees?"

No comments:

Post a Comment