Mag jou storm ook so eindig soos hierdie een in die gedig.
Die storms teken prentjies in jou hartseer oë
Jy beur vorentoe teen die wind geboë
Terwyl die storm reën jou oë wasig maak van trane
Loop jy alleen in modderbane
Jy trek jou spanningsjas styf teen jou nat gekreukelde lyf
Terwyl die storm jou vorentoe dryf
Die prentjies vertel stories van hartseer en verdriet
Was elke tree in die lewe dan verniet
Vallend, strompelend, beur die krom gestalte voort
Rigting maak nie meer saak, sy voel verstoot
Sy val op haar knieë, sak diep in ’n modderpoel
Sy draai haar versadigde deurdrenkte lyf in ’n bolletjie rond
Lê in die modder van haar seerkry-grond
Sy merk nie eers dat hemel besig is om oop te skuif
Al wat sy voel die koue wat kleef aan haar verwese lyf
Sy is net bewus van die dood wat diep in haar wese sink
En haar siel wat in die storm reën se poele verdrink
Tussen die gedruis van wind en reën
Hoor sy ’n fluistering in die wind se ween
Staan op, my lieflingskind,
Ek ken jou storie
Moenie dat storms jou moed laat verloor nie
Met elke storm waarin jy jou ook al bevind
Trek Ek jou nader aan My, my koningskind
Dan neem jou storie ’n interessante wending aan
Toe my oë joune ontmoet waar ons staan
Die storm in jou oë word weggedryf, ek sien die krag
Ek weet die storm is besig om te wyk voor ’n sterker mag
Liefde het jou omarm, sonskyn maak jou oë sag
Plooitjies vorm om jou oë terwyl dit sagkens na buite lag
Waar ek nou in die vensters van jou siel staar voel ek bly
Sien ek ’n gelukkige einde.
Die storm is nou verby.

No comments:
Post a Comment