Sunday 5 May 2024

Wat om in geskenksakkies vir Moedersdag te sit

Geskenksakkies vir Moedersdag is 'n goeie manier om ons liefde te bewys. 

Wanneer dit by geskenksakkies vir senior burgers kom, is dit belangrik om hul unieke behoeftes en belangstellings in ag te neem. Of jy nou 'n geskenksakkie saamstel vir 'n spesiale geleentheid of net om hul dag op te helder, hier is 'n paar idees wat sekerlik 'n glimlag op hul gesigte sal sit.

1. Gesellige pantoffels:
Bederf haar voete met 'n paar nuwe sagte en knus pantoffels. Kies dié met glyvaste sole vir ekstra veiligheid.(Kies tussen winter- of somerpantoffels of koop sommer beide.) 

2. Volwasse inkleurboekstel:

Ontgin kreatiwiteit en werk ontspanning in die hand met 'n volwasse inkleurboekstel. Sluit 'n verskeidenheid kleurpotlode of merkers in.

3. Handwerkbenodigdhede:
As sy van handwerk en selfdoenprojekte hou, gee vir haar 'n stel kwaliteit handwerkvoorrade. Of dit nou brei, borduurwerk of verf is, hierdie voorrade sal haar kreatiwiteit ontketen.

4. Lekkernye (soet en sout)
Sagte koekies of beskuit, lekkergoed, neute of gedroogde vrugte. Verskillende teegeure of kitssop is ook treffers. 



Laat lewer 'n bord eetgoed vir die personeel af. Dis altyd lekker om dankie gesê te word en 'n bietjie bederf te word.

No comments:

Post a Comment