en argumentloos regop in my was,
dit wat ek in ekwilibrium
skynbaar waterpas kon hou,
alles waaraan mens getrou
drome, gebede en gebeure meet,
het jy so ongeërg skuins kom stoot en nou
struikel planete en mane kosmies deurmekaar,
kompasse swaai versteur
sonder koers of rigting rond
en meer -
tyd maak nie meer sin nie,
daar is geen ouderdom aan ewigheid.
Ek dryf in die klein presisie van 'n lugborrel
heen en weer in 'n waterpas rond
en saans in drome wonder ek:
waar is hemel
waar is grond?
[Ilse van Staden: Watervlerk 2003]

No comments:
Post a Comment