Tuesday 2 April 2024

Dinsdag-denke: Paul ... die vervolgde broer in Christus

Net soos die Apostel Paulus, was Paul in Afrika gevange geneem vir sy geloof. Nou in sy vroeë 40's, het hy reeds 10 jaar in 'n Eritiese tronk verduur. Hier het hy konstante hongerte, siekte en 'n geestelike geveg ervaar om sy geloof te ontken. "Ons sal jou vrylaat as jy net instem om hierdie vorm te teken," het die wagte gesê. "Hoekom al hierdie jare mors?"

"Dis alles ter wille van my geloof," het Paul aan hulle gesê.

Terwyl Jan Gouws hierdie getuienis skryf, word Christenmans vervolg, geslaan, uitgebuit, gevange geneem en doodgemaak vir hulle geloof. Vervolging teenoor hulle is gewoonlik gefokus, ernstig en sigbaar. En wanneer manlike broodwinners en kerkleiers getref word - word hul gemeentes en families in puin gelaat.

Paul is uit die tronk, maar sy stryd is nog lank nie verby nie. Beide sy ouers is dood terwyl hy in die tronk was, so op hierdie stadium rou hy. Hy voel soos 'n vreemdeling vir sy familie en sy pyn is wesenlik.

Paul se woord van dank aan Geopende Deure was soos volg: "Julle het my materieel ondersteun terwyl ek in die tronk was, sels al is julle nie my bloedfamilienie. Selfs na my vrylating is die manier waarop julle my ondersteun het, ongelooflik. Ek het die hand van die Here deur julle gesien. Ek kan julle nie genoeg bedank nie. Die Here vertroos my en gee my hoop. Ek wil steeds vir Hom lewe en die vrug van Sy arbeid in hierdie land sien. Dit is die enigste ding wat ek begeer."

[Jan Gouws - Uitvoerende Direkteur
Geopende deure Suider-Afrika
22 Oktober 2019 - uittreksel uit brief van Geopende Deure]

No comments:

Post a Comment