Sunday 7 April 2024

Gedig: Lidi de Waal

ek weet hierdie is dalk vir jou 'n mondvol tjol
maar nou dat ek tot hier gekom het
nou is ek tot boordenstoe gatvol
tot oorlopenstoe keelvol
tot near to the brim toe oorvol
vir al die gerondhol
vir die dolle ge-om en ge-om en ge-omtol
voor ek weer sal kan rondjol
en met nuwe moed weer kan voortrol
wil ek nou net eers heeltemal inmol
in die luukse van rus en stilte
en wyn by die glasvol
en sommer net van tjoklits en gesels
en lees en lê en slaap
hoograak soos met ń goeie zol
so niemand moet nou enigsins
verder met my kom lol
... want hierdie klink vir my mos nou
so heeltemal in die kol
so gans en al deernisvol
so uitermate sinvol

Deur: Lidi de Waal

[Gaan besoek hierdie merkwaardige en bekende kunstenaar HIER. Dankie, Estelle, vir hierdie deel van hierdie gedig.]

No comments:

Post a Comment