Sunday 28 April 2024

Moet nooit ophou glo nie ...

Daar gebeur elke dag snaakse dinge met 'n mens omdat jy swak is, bekommerd is, haastig is en omdat jy verkeerde besluite maak.

Dikwels doen 'n mens dinge voordat jy goed oor die saak gedink het en voordat jy probeer het om die  probleme op te los. Dikwels luister jy na verkeerde raad, of soek jy 'n maklike uitweg. Daar is altyd uitweë wat lyk of dit mooier, makliker en beter is.

Moenie verkeerde advies vir iemand gee nie. Moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie. 

God sê: "Kom na My toe ek sal vir jou 'n uitweg en 'n antwoord gee." 

[Anoniem]

No comments:

Post a Comment