Sunday 19 April 2020

Druppels water van genade ...

Druppels
Die donker wolk wat oor almal hang,
die afsonder,
die wonder,
die bang,
  die vrese dat hierdie
‘dood-druppels’ op my kan val!

Hoe sal ek weet?
Sal ek eers sweet en dan weet?
“In die sweet van my aangesig
my eie dood ‘verdien’”?


Afgesonder-alleen ... in asemnood ... en wonder;
"Where is God when it hurts?”
Afgesonder-alleen ... in asemnood ... en wonder;
“Is God watching us from a distance?”

Afgesonder-alleen ... in asemnood ... en wonder;
“o HERE, waarom staan U
so ver weg
en hou U
verborge
in hierdie tyd
van intense benoudheid?” 

Buite op straat:
ü Gesigmaskers, 
ü handskoene, 
ü handewas ...

Binne my huis;
ü Slaap, 
ü eet, 
ü was, 
ü aan die gang probeer wees - dit is al ...

Afgesonder-alleen, van GOd ...
... verlate ...
hang ‘Die Lam’ van GOd
met rou wonde aan ruwe hout ...
Sy sweet, sy bloed
het Jerusalem-woestyn gevoed!
Hy prewel in pyn-smart-bloed;
“Eli, Eli, lama sabagtáni?”

“o HERE, waarom staan U so ver weg
en hou U verborge
in hierdie tyd van benoudheid?”

... alleen ...?! 
Warm druppels bloed
drup droog op ruwe hout.
Hy prewel moeg en sy stem oud;
“Vader, in u hande gee Ek my gees oor!”
Toe is Hy dood ...

Druppels Water en Bloed vloei
wanneer soldate-spies
Sy sy deurboor ...

Wanneer druppels Water en Bloed
op Sklerokardia-harte val en deurboor,
borrel uit gebroke sagte harte
Lewende-water-strome ...

... afgesonder wel, maar nie meer alleen!
“God is here when it hurts!”

Volg en Wandel met Hom,
Sy druppels val!
Sy seën reën!
-ACR’ Apr 2020

Na aanleiding van die globale COVID-19 Corona-virus is die gevaar van aansteking moontlik wanneer hierdie ‘druppels van die dood’ op ‘n mens sou val. Die afsondering en sosiale bande wat fisies gebreek is, hok mense erg in. Die mense wat wel die virus opgetel het, sterf ‘n verskriklike dood van versmoring. In hierdie donkerste tyd verlig die druppels bloed van die Lam die duister-wanhoop-pandemie tot lewende hoop. (Ps 10v1, Ps 22v2, Jes 53, Mt 2746v, Joh 7v38, ea)


*”The blessing ahead will always be greater than the battle behind”
-15 April 2018, Gee jou boot vir Jesus, Luk 5, Andries Vermeulen. 
Luk 24:26 (v7,44,46)  *Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie?
 Vgl. bogenoemde ook met Fil. 2v5-15!

No comments:

Post a Comment