Saturday 12 October 2024

Resep: Mieliemeelbrood

Bestanddele
1,5 koppie melk
2 koppies mieliemeel
1 tl sout
4 eetlepels botter of margarien
3 eiers, goed geklits
2 tl bakpoeier

Metode
  • Verhit 1 koppie melk.
  • Meng die res van die melk met die mieliemeel.
  • Voeg aangemaakte meel, sout en botter by warm melk - meng goed.
  • Laat afkoel.
  • Voeg geklitste eiers en bakpoeier by.
  • Sit mengsel in klein gesmeerde broodpannetjie.
  • Bak vir 30-40 minute teen 180 grade C.
[Een van die inwoners het 'n klompie mieliemeelresepte met Ons Huis gedeel wat die volgende paar Saterdae geplaas gaan word.]

No comments:

Post a Comment