Thursday 17 October 2024

Oupas en oumas se eksamenwense vir 2024

Ons oupas en oumas hier by Ons Huis se spesiale wense vir ons kleinkinders en ook vir elke matrikulant in dié land is sterkte vir julle belangrikste eksamen, baie voorspoed en seën vir julle toekoms. Ons dink aan julle, bid vir julle en glo dat julle net jul beste sal doen.

Aan ons kinders wat saam met ons kleinkinders eksamen skryf, sterkte, kalmeer maar die knagende senuwees en wees maar die steunpilaar. Dis die laaste skoolhekkie voordat die wêreld daarbuite aangedurf word.

[Klik op die gebed om 'n duideliker beeld te kry.]

No comments:

Post a Comment