Ondanks haar vader se tirade die vorige dag bring die dogtertjie die versierde boksie die volgende dag vir haar pa en sê, “Hierdie is vir jou Pappa.” Hy was erg verleë deur sy vorige reaksie toe die kindjie die boksie oorgetrek het met die goue geskenkpapier. Maar sy woede vlam weer op toe hy merk dat die boksie leeg is.
Hy skreeu vir haar, “Weet jy nie dat as jy vir iemand ‘n geskenk gee, behoort daar iets binne in die boksie te wees nie!”
Die meisietjie kyk op na haar pa met trane in haar oë en sê, “Maar, Pappa, dit is nie leeg nie. Ek het ‘n klomp soentjies in die boksie geblaas. Almal net vir jou Pappa.”
Die vader was verpletter. Hy plaas sy arms om sy klein dogtertjie en pleit by haar om vergifnis.
Dit word vertel dat die man die goue boksie vir jare langs sy bed gebêre het en wanneer hy baie terneergedruk of mismoedig was het hy ‘n denkbeeldige soentjie uit die boksie geneem en onthou die liefde waarmee sy kind dit daarin vir hom geplaas het.
In ons daaglikse lewe as mense hier op aarde is daar aan ons elkeen ‘n goue boksie gegee wat gevul is met liefde en soentjies van ons kinders, vriende, familie en God. Daar is nie ‘n meer kosbare geskenk as dit, vir elkeen van ons nie.
- Oorgeneem -
No comments:
Post a Comment