* Wat is die definisie van ouderdom?
Wanneer jou ledemate harder as jou stem kraak.
Spietkop: "Lesing??? Strooi, man. Waarheen is jy op pad?"
Oom: "Ek is op pad na 'n lesing oor drankmisbruik, alkoholisme, dobbelary, verbode seks, en opkikkers."
Spietkop: "En wie sal nou die tyd van die oggend so 'n lesing aanbied?"
Oom: "My vrou, natuurlik!"
* Koffie maak ‘n mens definitief aggresief!!! Ek het gisteraand 12 dubbele brannewyne gedrink en my vrou net twee koffies. Jy moes sien hoe befoeterd was sy!!!
[Dankie, Valerie!]

No comments:
Post a Comment