Friday, 16 May 2025

My wens vir jou ...

Vir jou mede-inwoner wil ek graag iets gee, iets groter as wat geld kan koop:

* Die helder roep van 'n visarend (maar in Kimberley sal dit dalk eerder 'n Hadida wees).
* Die reuk van 'n vars oggend na 'n bui reën die vorige dag.
* Die eerste strale van die son wat opkom.
* Die sensasie van die winterson op 'n koue Sondagmiddag.
* 'n Voëltjie op jou vensterbank wat uit volle bors sing.
* 'n Verskietende ster waar jy soos in jou kleintyd, 'n wens kan wens.

No comments:

Post a Comment