* Verrig take - gaan betaal ’n rekening, gaan koop iets te ete vir vanaand of tel gou jou baadjie by die droogskoonmakers op.
* Gaan gym of doen ander oefeninge tydens jou etenstyd.
* Vat ’n middagslapie of selfs net ’n powernap om weer kragte op te bou.
* Spandeer tyd saam met kollegas en vriende of selfs jou wederhelf en kry iets te ete.
* Gee terug - volunteer by ’n sopkombuis of om skoolkinders te tutor.
* Kry jou fokus terug deur te mediteer. Dis ’n goeie manier om te ontspan.
* Gaan doen inkopies vir jouself, ’n geliefde of die huishouding.
* Lees ’n boek of selfs die koerant om jou brein aan die gang te hou.
* Bel ’n familielid of vriend om net hallo te sê of om bietjie stoom af te blaas.
* Luister na musiek met jou oorfone aan. Jy kan na hartelus die volume opdraai en jou gunstelingliedjie geniet. Moet net nie kliphard saamsing nie.
No comments:
Post a Comment