Sunday, 11 May 2025

Oomblik van stilte: Jes. 7:14

Daarom sal die Here self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en en 'n seun baar en hom Immánuel noem.

Vanoggend kan jy met gerustheid opstaan en weet God is met jou.
Enige een wat twyfel oor die posisie en mag van Jesus; Hy is God, want sy Naam is Immánuel, God met ons.
God self is by jou en met jou.
Vertrou op God jou Verlosser en Voorsiener wat by jou is.

Dankie Immanuel, U is my God vir wie ek bid. U is die God op wie ek vertrou en van U is my verwagting. U het 'n weg vir my berei en U sorg dat ek my bestemmings bereik. Ek is U gesalfde deur die genade van Jesus. Aan U kom toe al die eer en heerlikheid o Almagtige. Amen. 

No comments:

Post a Comment