Dankie, Here, vir u seëninge oor my, u barmhartigheid oor my, u genade wat ek elke dag kry. Strome van seën tref my elke dag. Strome van genesing, van rykdom, van blydskap en vreugde, van vriende en familie, van geloof in U. U sê duidelik dat strome van lewende water sal uit ons uitborrel, die wat in U glo. Ons het so baie om uit te deel en aan ander te gee. Ek is opgebou in die Allerheiligste en ek wil net in u Heilige Gees bly, sodat ander van my vrugte kan kry. Amen.

No comments:
Post a Comment