Sunday, 4 May 2025

Oomblik van stilte: Joh. 16:26

Maar as die Trooster gekom het, wat Ek julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.

Jesus het vir jou die Heilige Gees gegee; die Gees van waarheid wat van Hom getuig.
Sy Gees sal jou leer dat jy alles kan weet en onderhou wat Jesus op aarde geleer het, en waarvan ons die optekeninge van die Apostels kan lees.
Moenie die Heilige Gees bedroef nie, en moenie teen Hom sondig nie.
Laat die Heilige Gees toe om jou te lei in die skrif en in gebed; Hy ken tog God die heel beste en sal jou in Gees en in waarheid lei.

Dankie Heilige Gees, dat u inwonende teenwoordigheid my versterk en verfris,  sodat ek U beter kan leer ken en tot U kan kom in bid. U praat met my, lei my en gee selfs drome en visioene wat God verheerlik en my leer. Vader, U het vir my hierdie geskenk gestuur as 'n pand, sodat ek gereed kan maak vir u wederkoms om my te kom haal, om by U te mag wees, waar U is. Ek loof U vir u trou en barmhartigheid. Amen.

No comments:

Post a Comment