Friday, 2 May 2025

Gee vir jouself 'n groot geskenk en indirek ook vir ander

Maak vriende in die aftreeoord of ouetehuis. 

24/7 onder dieselfde dak bied 'n unieke geleentheid aan elkeen om nuwe vriende te maak. Hoekom is dit so belangrik om vriende in die pylvak te hê?

* 'n Vriend luister na wat jy sê, maar hoor ook jou hart.
* Iemand, 'n klipgooi in die gang af, verstaan die hartseer, die verlange en die bangwees van ouer word beter as jou kinders, werkende vriende en gemeentelede - almal in die aftreeoord is mos in dieselfde bootjie.
* Help dra mekaar se laste.
* Hierdie nuutgevonde vriend sal soos 'n warm skuiling wees teen die lewe se stormdae.
* 'n Vriend so naby is meer werd as 'n duisend familielede.
* Die geheim van nuwe vriendskap is om die meeste van die beste te maak en die minste van die slegste.
* Wees vriendelik met elkeen wat jou pad kruis, want elkeen voer 'n innerlike stryd. 

Om so 'n vriend in die aftreeoord te maak, 
moet jy ook bereid wees om so 'n vriend vir iemand te wees. 

No comments:

Post a Comment