Thursday, 22 May 2025

Ouma se wenke: Bêre jou somersklere

Hier is ’n paar wenke oor hoe om jou somersklere te bêre sonder dat dit verniel.

* Moenie klere in digte plastieksakke bêre nie, klere moet kan lug kry (asemhaal) om mufheid te voorkom.

* Alle kledingstukke moet gewas en deeglik drooggemaak word voordat jy dit vir drie tot vier maande  bêre.

* Klere moet in donker, maar skoon kaste gebêre word, want lig laat kleure verdof. Uitermatige warm of koue temperature kan klere ook beskadig.

* Plaas motbolle in ’n sokkie weg van jou klere in die kas. Motbolle moet nie op klere of tussen klere lê nie, dit kan die materiaal beskadig..

* Bêre leer- en suedeklere en -skoene in 'n koel en goed geventileerde kas.

* Rol linne op, en indien jy dit moet vou, vou dit gereeld oor.

* Gebreide en sykledingstukke moet altyd plat gebêre word.

* Stoor veral wolklere met motbolle in die kas.

No comments:

Post a Comment