Sunday, 25 May 2025

Oomblik van stilte: Ps. 100

Juig voor die Here. o ganse aarde! 

Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, die volk en die skape van sy weide. 
Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.
Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.

O Here, U alleen is die ware Allerhoogste God. Ek wil u Naam verheerlik en groot maak, ooral waar ek gaan. Almagtige God, U is die God, van al die Gode en HERE, van al die here. U alleen is Heilig en U is Koning, vir ewig. U bly altyd getrou en sal my nooit verlaat of alleen los nie. U genade wys U in u goedheid en barmhartigheid, elke dag aan my. U wysheid en geregtigheid lei my elke dag. U plaas my op 'n ewige Rots en u krag laat my voete nooit wankel nie. Amen.

No comments:

Post a Comment